Kom rus in die kalaharie
Welkom by 'n plek waar tyd stil staan, waar jy kan ontspan en weer die sterre sien elke aand soos die hitte van die dag breek en die koelte jou verwelkom. Hierdie tyd is waarlik jou eie, om te doen net wat jy wil en wanneer jy wil. Dìt is wat jy kan verwag van die unieke Kalaharie en van die Kalarus Gastehuis.
Die Kalarus Gastehuis is 'n selfsorg plaashuis met 4 private kamers, 'n gemeenskaplike kombuis, 'n sitkamer met kaggel, buite boma en ingeboude braai area. Al die nodige hout word verskaf.
Let wel dat Kalarus Gastehuis toegerus is met elektrisiteit en warm water word voorsien deur die gebruik van 'n "donkie". Daar is ook net MTN selfoon opvangs in die area.